South Africa

Meer as 4 000 spazawinkels, kosbesighede reeds geregistreer

Duisende spaza-winkels en besighede wat met kos werk in Pretoria is geregistreer en voldoen aan die vereistes.

Dit nadat die sperdatum vir registrasies op 28 Februarie gesluit het.

Tshwane metrowoordvoerder Lindela Mashigo bevestig dat 4 311 besighede in totaal suksesvol geregistreer is.

Hy sê die meerderheid van hierdie registrasies is van streke 1, 2, 3 en 6 afkomstig waarvan spaza-winkels, informele verkopers, en restaurante onder die topdrie kategorieë val.

Mashigo sê inwoners sal in staat wees om ondernemings te identifiseer, aangesien die metro geregistreerde ondernemings deur SMS, e-pos en telefoonoproepe in kennis stel.

Diegene wat egter die sperdatum gemis het, staar ernstige gevolge in die gesig.

“Ongeregistreerde spaza-winkels en besighede wat met kos werk sal nie toegelaat word om na die sperdatum nog besigheid te doen nie.

“Wetstoepassingsveldtogte sal gedoen word en ongeregistreerde besighede sal beboet en gesluit word,” waarsku Mashigo.

Mashigo het ook die metro se planne beklemtoon om te verseker dat nakoming nie by registrasie eindig nie.

“Gereelde inspeksies, assesserings, en toepassingsveldtogte sal gedoen word om gesondheid- en veiligheidstandaarde binne geregistreerde besighede te handhaaf.”

Hy voeg by dat ondersteuning aan hierdie besighede sluit in opleidingsprogramme oor finansies en bemarking, vergemaklikde toegang tot befondsing, en ander hulpbronne in vennootskap met organisasies soos die Klein ondernemingsontwikkelings- en finansieringsagentskap (SEDFA) en Gauteng Enterprise Propeller.

President Cyril Ramaphosa het verlede jaar in November die registrasie-inisiatief aangekondig, nadat voedselverwante siektes regoor die land uitgebreek het.

Ramaphosa het die erns van voedselveiligheid en nakoming te verseker beklemtoon deur daarop aan te dring dat alle spaza-winkels en besighede wat met kos werk by die munisipaliteite waarin hulle besigheid doen, moet registreer.

“Enige winkel wat nie geregistreer is nie en wat nie aan al die gesondheidstandaarde en vereistes voldoen nie, sal gesluit word,” het Ramaphosa destyds gewaarsku.

Terwyl die 28 Februarie-sperdatum ’n belangrike mylpaal is, verseker Minister van Klein Ondernemings Ontwikkeling, Stella Ndabeni-Abrahams, besigheidseienaars dat dit nie die einde is aan nakomingpogings nie.

Ndabeni-Abrahams het tydens ’n toespraak op 2 Maart in Hatfield uitgelig dat die prosesse om nakoming en ondersteuning vir spaza-winkels te verseker, aan die gang is.

“Ons is bewus van die uitdagings wat vinnige registrasie gekniehalter het, insluitend onvoldoene registrasiestelsels.

“Ons weet die proses het uitdagings omdat baie munisipaliteite nie elektroniese regristrasiesisteme het nie,” sê sy.

Die minister het verduidelik dat besighede wat nog wag op registrasie-uitkomste nie beboet sal word nie.

Ndabeni-Abrahams het ook beduidende regeringsondersteuninginisitiatiewe aangekondig wat spaza-winkeleienaars sal help om nakoming te handhaaf en hul mededingendheid te verbeter.

Sy het gesê die regering sal ’n R500-miljoen Spazawinkel Ondersteuningsfonds later vandeesmaand loods om spazawinkeleienaars te ondersteun.

“Dit sal gefinansier word deur bydraes van die Departement van Kleinsake-Ontwikkeling en die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging. Dit sal geregistreerde besighede help met grootmaat aankoopinisiatiewe en nakoming van voedselveiligheid.”

Sy het bygevoeg dat ’n ses-maand lange nie-finansiële ondersteuningprogram sal aan besighede wat aansoek gedoen het, maar nog nie heeltemal aan die vereistes voldoen nie, beskikbaar wees.

“Oor die volgende ses maande sal ons hierdie spaza-winkels met nie-finansiële hulp ondersteun om hul in staat te stel om suksesvol te registreer, omdat ons die probleme en kostes verbonde aan nakoming verstaan,” het sy gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  [email protected] of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

About the author

Blessing Obinna

Blessing Obinna is a dynamic journalist with a passion for uncovering stories that matter. She specializes in entertainment, lifestyle, and societal trends, bringing fresh perspectives to every article she writes for eNews Nigeria.