South Africa

Pretoria pa en dogter sterk steeds aan na botsing eers seun, toe ma eis

‘n Pretoria pa, Jurie van Aswegen en sy jong dogter, Junique (10) sterk steeds aan in hospitaal na klein Karlu (8) van Aswegen opslag in die ongeluk oorlede is en ma, Karin Dinsdagoggend oorlede is.

Volgens ‘n familie woordvoerder het dié ongeluk omstreeks 16:30 op die Molotopad plaasgevind to die bestuurder van ‘n noodvoertuig vermoedelik beheer daaroor verloor het en reg van voor teen die Van Aswegens se voertuig gebots het.

Die bestuurder van die noodvoertuig is glo ook op die toneel dood verklaar.

Die gesin was onderweg na hulle huis in die Dinokeng area toe die ongeluk plaas gevind het.

Karlu is op die toneel verklaar terwyl daar met Karin, Jurie en Junique na hospitale toe gejaag is.

Karin is Dinsdagaand in die hospitaal oorlede. Jurie en Junique is tans nog albei in die hospitaal.

Klein Karu was ‘n baie geliefde klein stil seuntjie wat gou harte gesteel het. Hy was baie lief vir rugby.

“Karin was een van die vriendelikste mense wat jy ooit in jou lewe sou ontmoet, altyd geglimlag, ʼn omgee-mens, besorg oor ander, hulpvaardig. Sy het die beste in mense raakgesien. Haar betrokkenheid by skole van die omgewing het haar baie geliefd gemaak onder kinders en personeel,” het Ds. Thinus van Staden van die Nederduitsch Hervormde Kerk in Montana gesê.

Hy het bygevoeg dat Karin se sagte teenwoordigheid en hulpvaardigheid by die kerk geweldig gemis word.

Intussen het huldeblyke en boodskappe van medelye ingestroom.

Lees ook: Graad 3-leerling en sy ma sterf tragies na Pretoria motorongeluk

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  [email protected] of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

About the author

Blessing Obinna

Blessing Obinna is a dynamic journalist with a passion for uncovering stories that matter. She specializes in entertainment, lifestyle, and societal trends, bringing fresh perspectives to every article she writes for eNews Nigeria.