South Africa

BAIE GELUK, MATRIEKS VAN 2024!

Die Monties se slagspreuk vir 2025 is geleen by Wayne Dyer, wat gesê het: “If you change the way you look at things, the things you look at, change”. Ons kyk na hierdie groot groep se resultate en sien harde werk en deursettingsvermoë, te midde van ‘n moeilike wegspring. Ons sien ook groot toekomsdrome wat waar word en baie suksesverhale!

271 Kandidate het die eksamen voltooi, waarvan 98,5% geslaag het met ‘n klasgemiddeld van 62,9%. 216 Leerders (80%) slaag met universiteitstoelating. 43 Leerders (15,9%) van die groep slaag met diplomavrystelling.

ONDERSKEIDINGS

Die groep behaal 262 x A-simbole (Alpha Wiskunde en Advanced Physics ingesluit), 418 x B-simbole en 483 x C-simbole. 1 Leerder ontvang 9 onderskeidings, 1 x 7 onderskeidings, 6 x 6 onderskeidings, 6 x 5 onderskeidings en 16 x 4 onderskeidings.

Die Top 10 se gemiddeld is 86,1% en die Top 20 se gemiddeld is 83,5%. 1 Leerder se gemiddeld is bo 90%, met ‘n verdere 6 leerders se gemiddeld bo 85%, ’n verdere 9 leerders met ’n gemiddeld bo 80%, ’n verdere 29 leerders se gemiddeld bo 75% en ’n verdere 28 leerders met ’n gemiddeld bo 70%.

TOPPRESTEERDERS

Gerrit Smit

Gerrit Smit is die toppresteerder, met ‘n gemiddeld van 94% en 9 onderskeidings, insluitende Alpha Wiskunde en Advanced Physics. Gerrit was in graad 8, 10, 11 en 12 die toppresteerder in sy graad en sy spog met ’n gemiddeld van 92,4% vir sy hoërskoolloopbaan.

Afrikaans Huistaal – 95%

English FAL – 89%

Wiskunde – 94%

Fisiese Wetenskappe – 97%

Lewenswetenskappe – 96%

Inligtingstegnologie – 95%

Lewensoriëntering – 88%

GEMIDDELD – 93,4%

Alpha Wiskunde – 98%

Advanced Physics – 84%

Gerrit is toegelaat by die Universiteit van Pretoria vir MB ChB. Hy is die eerste leerder van die skool wat ’n merietetoekenning van die Visekanselier ontvang. Hy het op 28 Januarie tydens die Distrik Tshwane-Noord se prysuitdeling die volgende toekennings ontvang:
1. Toppresteerder in Distrik Tshwane-Noord
2. Toppresteerder in Tshwane Circuit 1
3. Toppresteerder in die distrik in Inligtingstegnologie
Die Monties is geweldig trots op hom!

 

Ons is net so trots op die volgende leerders:

  • Anika Barnard, ons nommer 2 kandidaat, met 86,4% en 6 onderskeidings
  • Monties se nommer 3-kandidaat is Zanelle van der Westhuizen met ’n gemiddeld van 86,1% en 6 onderskeidings
  • Amoné van Heerden het ook 6 onderskeidings behaal met ’n gemiddeld van 85,9%
  • Nog 3 Monties het 6 onderskeidings verwerf: Gogontle Letshwene (85,6%), Dunwan Brits (85,1%) en Kayla de Jong (84,9%)
Michael Wagener
  • Michael Wagener het 7 onderskeidings behaal met ’n gemiddeld van 84.3%

VAKPRESTASIES

4 Vakke het ‘n gemiddeld bo 70%, 4 vakke het ‘n gemiddeld bo 65% en 5 vakke bo 60%. 17 uit 23 vakke het ‘n 100%-slaagsyfer.

Hoërskool Montana se uitslae is jaarliks van die beste in die distrik Tshwane-Noord. 2024 was geen uitsondering nie. Uitslae wat reeds bekend is

  • Toerisme: tweede beste in distrik
    60 Leerders neem die vak, vakgemiddeld 74,13%, 100% slaagsyfer en 16 onderskeidings
  • Afrikaans Huistaal: tweede beste in distrik
    247 Leerders neem die vak, vakgemiddeld 68,24%, 100% slaagsyfer en 34 onderskeidings
  • Afrikaans EAT: tweede beste in distrik
    29 Leerders neem die vak, vakgemiddeld 65,98%, 100% slaagsyfer en 6 onderskeidings
  • English Home Language: derde beste in distrik
    30 Leerders neem die vak, vakgemiddeld 62,35%, 100% slaagsyfer en 1 onderskeiding

Wanneer gemiddeldes van vakke beoordeel word, is die persentasie leerders wat ‘n spesifieke vak neem baie relevant. By Hoërskool Montana word leerders toegelaat om van die “moeiliker” vakke te neem, wat gevolglik ‘n effek op die gemiddeldes het.

  • Wiskunde: 143 leerders neem die vak, vakgemiddeld 52,1%, 90,9% slaagsyfer en 7 onderskeidings.
  • Fisiese Wetenskappe: 87 leerders, vakgemiddeld 52,4%, 93,1% slaagsyfer en 2 onderskeidings.
  • Rekeningkunde: 58 leerders, vakgemiddeld 59,4%, 93,1% slaagsyfer en 10 onderskeidings.
  • Lewenswetenskappe: 97 leerders, vakgemiddeld 55,3%, 95,9% slaagsyfer en 6 onderskeidings.

Baie geluk aan elke leerder en onderwyser en dankie vir julle toegewydheid, deursettingsvermoë en soveel ekstra myle. Ons wens julle voorspoed toe vir wat voorlê. Mag julle drome waar word en mag julle die Montie-waardes altyd in julle harte saamdra, waar jul ook al gaan. Hou aan GLO EN WERK!

https://www.facebook.com/hsmontanapta/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

About the author

Blessing Obinna

Blessing Obinna is a dynamic journalist with a passion for uncovering stories that matter. She specializes in entertainment, lifestyle, and societal trends, bringing fresh perspectives to every article she writes for eNews Nigeria.