South Africa

ActionSA se rassisme rede vir skuif na DA, sê Pillay

Die DA in Tshwane het ’n gewese ActionSA-lid tot hul geledere verwelkom op 9 Desember.

Novina Pillay, vorige ActionSA PR-raadslid in Wyk 43 vir Eersterust, het by ’n perskonferensie gesê dat sy ontnugter is met ActionSA weens die rassisme, verdeelheid en diskriminasie wat sy as ’n vrou ervaar het in die party en die partystrukture.

“ActionSA het ver afgedwaal van die beginsels van nie-rassigheid waarvoor dit eens gestaan het. As ’n bruin vrou, het ek nog nooit in enige ander strukture soveel ondermyning ervaar as wat ek in ActionSA-strukture ervaar het nie. As ’n partylid was my opinies en voorstelle onderdruk. Ek was doelbewus gemarginaliseer,” sê Pillay, wat vir die afgelope 17 jaar deel vorm van gemeenskapspolitiek en in ander strukture in Eersterust betrokke is.

Sy beweer dat as ’n raadslid “wat vir ’n demografiese minderheidsgroep bepleit, was ek in ’n afwysende manier behandel en het ek nooit die ondersteuning van ActionSA gehad nie. Dit is kulturele viktimisasie in sy ergste vorm”.

Sy benadruk dat as ’n raadslid het sy nooit burgemeester dr. Nasiphi Moya in Eersterust vir raadsaktiwiteite gesien nie, “nie eens toe sy nog die adjunkburgemeester was nie. ActionSA het ’n blatante minagting vir die kleurlinggemeenskap”.

Sy voel dat sy in die steek gelaat is toe ActionSA-bestuur besluit het om die DA-geleide koalisie en voormalige burgemeester Cilliers Brink deur Moya te vervang.

“Dit was moeilik. Ek moet hierdie skuif aan die kiesers verduidelik en het geen inligting self gehad nie. Hulle kon na die kiesers toe gekom het om hierdie stap om by die ANC aan te sluit, te verduidelik, maar hulle het dit nooit gedoen nie,” sê Pillay.

DA se provinsiale bestuur en die Eersterust DA-tak wat saam met raadslid Novina Pillay (regsvoor, voormalig van ActionSA), aan Eersterust-gemeenskapkwessies sal werk: Maggie Stewarts (voor links). Agter: DA Tshwane koukusvoorsitter Jacqui Uys, Rosanda Ramazau, Bettie Swarts, Martha Hopper, Rochel Petersen, Crezane Bosch (DA streekvoorsitter) en DA Gauteng se provinsiale leier, Solly Msimanga.

 

Voormalige raadslid onder ActionSA, Novina Pillay

Sy het haar ook daartoe verbind om beter dienslewering vir almal in Tshwane te bevorder, nie net vir inwoners van Eersterust nie.

DA Gauteng se provinsiale leier, Solly Msimanga, het Pillay by die koukus verwelkom, en gesê dit is ’n baie belangrike dag vir die DA aangesien Pillay ’n prominente leier in haar eie gemeenskap is en ’n senior lid van ActionSA.

Hy verduidelik dat ’n week na die Mei 2024-verkiesing die DA as ’n distrik en ’n stad besluit het om hul lys van leiers en raadslede te hersien en dit oopgemaak vir aansoeke vir enigiemand om aansoek te doen.

“Ons het raadslid Pillay genader weens haar ongelukkigeheid in haar vorige party wat duidelik was tydens voormalige gesamentlike koalisiekoukusvergaderings. Soos ander raadslede en aansoekers aan die DA se partystrukture, moes sy deur al die verkiesingsprosesse gaan sodat ons kan seker maak dat haar waardes strook met dié van die DA,” sê Msimanga.

Hy verduidelik dit is belangrik vir die DA om in gemeenskappe te konsolideer en te groei.

“Dit is belangrik om te weet dat raadslid Pillay bring ook haar rykdom aan kennis saam oor hoe partystrukture werk en lede van die struktuur wat sy by AtionSA in Eersterust gehad het,” sluit Msimanga af.

Michael Beaumont, nasionale voorsitter van ActionSA, sê die DA se toekenning van “senior leier” aan Pillay “is niks minder nie as die desperaatheid wat ’n daaglikse gebeurtenis geword het namate hul produktiewe bestuursmislukkings in Tshwane aan die kaak gestel word”.

Hy wys uit dat Pillay het nooit enige amp in ActionSA beklee nie and het slegs as raadslid gedien.

“Ten spyte hul pogings om te mislei, sê die aankondiging meer oor die DA as ActionSA. Onder die leierskap van dr. Nasiphi Moya, het vele inwoners van Tshwane besef dat die standaard van bestuur baie laag was onder opeenvolgende DA-burgemeesters. Hierdie verspreidende besef is duidelik ’n bron van onsekerheid vir Brink en die DA waarteen hierdie soort toertjies maklik gekontekstualiseer word,” verduidelik Beaumont.

Hy wys uit dat Moya onlangs Tshwane se energievoorsiening verseker het deur ’n skikking te sluit met Eskom vir die R6.7-miljard in skuld wat Cilliers Brink en sy DA voorsates “toegelaat het om van R2.9-miljard tot R7.8-miljard binne net 18 maande astronomies te styg”.

“Dit is ontwikkelinge soos hierdie wat die mite van goeie bestuur onder die DA in Tshwane op sy kop keer en die onsekerheid tot gevolg die kern van truuks soos Pillay wat by hulle aansluit. Terwyl die DA op truuks fokus, sal Moya voortgaan om haar toe te spits op die agterstand van dienslewering wat onder hul leierskap in die regering ontstaan het.”

Michael Beaumont. Foto: Facebook

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter, TikTok en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

About the author

Blessing Obinna

Blessing Obinna is a dynamic journalist with a passion for uncovering stories that matter. She specializes in entertainment, lifestyle, and societal trends, bringing fresh perspectives to every article she writes for eNews Nigeria.