South Africa

Omgewing 2023: ’n Jaar vir aktiviste teen mynvestiging en vegters vir skoon water

Images 81

Vanjaar se nuus het ’n paar omgewingstories, eko-aktiviste en navorsers wat bedreigde diere beskerm, na vore gebring.

Aktiviste en Tshwane metro maak hul stem dik oor moontlike steenkoolmyn naby Rietvleidam

Die aankondiging dat die baksteenvervaardigingsmaatskappy, Corobrik, hul steengroef reeds gebruik om steenkool te myn maar in Maart vanjaar verbied is om daarmee voort te gaan het vele omgewingsaktiviste warm onder die kraag.

Die maatskappy moes ook volgens voorskrifte ’n openbare deelnemingsproses rondom die voorlegging van ’n konsep-omgewings-impakstudie hou.

Meer as 100 omgewingsliefhebbers het onlangs ’n vergadering by die Pretoria Seiljagklub bygewoon om hul besware te opper.

Tans is die voorlegging oor klagtes en besware en die aansoek om ’n mynlisensie by die Departement van Minerale Hulpbronne en Energie vir oorweging.

’n Besluit kan moontlik aan die begin van Januarie verwag word.

Die metro het sterk kant geneem teen die toestaan van ’n lisensie aangesien die myn van steenkool naby die Rietvleidam tot waterbesoedeling kan lei.

Lees meer hier oor Tshwane se standpunt: https://www.citizen.co.za/rekord/news-headlines/2023/11/15/all92rietvleicot/

Oudste dier in Pretoria-dieretuin vier sy 50e verjaarsdag

’n Groot partytjie is by die Pretoria-dieretuin vir die oudste inwoner, Gunther – ’n Amerikaanse krokodil – gehou toe hy 50 jaar oud geword het.

As verjaarsdagdier het die bykans 2m-lange reptiel spesiaal ’n bederfgereg of twee in sy swemkampie vir die dag van reptielbewaringsbeampte, Ramarotha Mothwa, ontvang – ’n groot stuk vis en ’n stuk beeshaas.

Koek en ander verversings is aan meer as 50 gaste by die plaza voor die reptielsentrum onder luide toejuiging en die sing van verjaarsdagliedjies bedien.

Die verjaarsdagman se kampie is netjies met pakkies, verjaarsdagwimpels en vrolike linte opgemaak.

– Lees meer hier oor die vrolike dag by die dieretuin: https://www.citizen.co.za/rekord/news-headlines/local-news/2023/10/30/dieretuin-se-oudste-dier-word-50/
Sien hoe Gunther sy verjaarsdaghappie verorber: https://www.youtube.com/watch?v=CCHiuHfEQIs


Suksesvolle hervestiging van Njozi se jagluiperdkroos

Vier sub-volwassene jagluiperdmannetjies is vanuit Rietvlei-reservaat na reservate naby Hoedspruit in Limpopo en Gqeberha hervestig.

Al vier het goed aangepas op onderskeidelik Tshukudu boskamp naby Hoedspruit en Nyosi-wildreservaat in die Oos-Kaap.

Sedertdien is hulle sussie ook hervestig en is die ma van die vyf, Njosi, weer die enigste jagluiperd in die reservaat.

Die bestuur wil eers die aantal bokke in die reservaat aanvul voordat daar weer ’n mannetjie in die reservaat losgelaat gaan word.

– Lees meer hier oor die hervestiging: https://www.citizen.co.za/rekord/news-headlines/2023/06/30/rietvlei-cheetahs-roaming-and-growling-away-in-limpopo-and-eastern-cape/

Erkenning vir bewaringsukses van krities bedreigde reptiele

Twee navorsers van die Pretoria-dieretuin het ’n toekenning ontvang van die Pan-African Vereniging van Dieretuine en Aquaria by ’n internasionale konferensie vir die werk wat hulle gedoen het om omstandighede te skep vir vier raar en krities bedreigde pannekoekskilpaadjies om uit te broei.

Die Pretoria-dieretuin is die eerste instelling in Suid-Afrika wat suksesvol die voortplantingproses van die spesie kon voltooi.

Die navorsers was Chadané Pretorius and Kabelo Segodi.

Lees meer hier oor hul prestasie: https://www.citizen.co.za/rekord/news-headlines/2023/09/09/pretoria-zoo-scientists-receive-conservation-award-for-endangered-tortoise-breeding-project/

 

Waterbesoedeling: Oplossing vir rou rioolrivier in Klerksoord gevind

’n Moontlike oplossing is gevind vir die rou rioolafvoer wat in Klerksoord die lewe van sakelui en inwoners al vir maande versuur. Daar is egter geen onmiddellike uitkoms nie. Wiele sal eers aan die rol gesit moet word om prosesse rondom die reddingsprojek, soos versekeringseise, uit te klaar.

Die Pretoria Sakekamer het inisiatief geneem om toestemming by die burgemeester te kry om self die probleem aan te spreek.

Lees meer oor die projek hier: https://www.citizen.co.za/rekord/news-headlines/2023/11/12/moontlike-oplossing-vir-rou-rioolrivier-in-klerksoord-2

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.