South Africa

Centurion klop Tuks, Impala verras teen Grizzlies

Cassie op loop
Written by enews

Met vier wedstryde wat vir elke World Sports Betting Carltonbeker span in die ligafase oorbly, was daar die afgelope naweek weer ’n paar interessante uitslae en selfs ’n verrassing.

Die grootste verrassing was Impala se tweede oorwinning in die toernooi, terwyl Tuks wéér op hul tuisveld pakslae gekry het — hierdie keer teen Centurion.

— Op LC de Villiers, Tuks se tuisveld, het die studente hul sesde nederlaag van die seisoen gely toe Centurion hulle maklik met 42-29 geklop het. Die eindtelling vly inderdaad die studente, aangesien hul vierde drie in die doodsnikke gedruk is, nadat die koeël lankal deur die kerk was.

Football Highlights

Of Tuks se probleme rugbyverwant is en of daar iets groter fout is nader aan die spreekwoordelike kop van die vis, is nog nie duidelik nie. Een ding is egter seker — hierdie is waarskynlik die swakste Tuks span in die World Sports Betting Carltonliga in meer as 15 jaar. Terwyl die kans al he groter word dat hulle vir die eerste keer in ’n baie lan tyd nie vir die halfeindrondte gaan kwalifiseer nie, is dit boonop waarskynlik die eerste keer ooit wat Tuks in een seisoen twee keer in die Carltonbeker liga teen Centuiron verloor.

Tuks is weer voorlangs afgeslag en hulle het kwaai gesukkel in die vaste fasette, Daarbenewens het hulle veral in die eerste helfte ’n nagmerrie-vertoning by die afbreekpunte gehad, wat aan Centruion baie momentum gegee het.

In hierdie opsig was die ou veteraan, Albert Bakker, se terugkeer goud werd vir Centurion. Hy was skitterende by die afbreekpunte en sy leierskap is ook ’n groot positiewe faktor vir die manne van die suide.

Centurion het ook agterlangs groot druk op Tuks geplaas, wat laasgenoemde se manne soms laat rondskarrel het.

Dit was Centurion wat eerste bloed geruik het toe hul vaskopstut,  Driek Grobler, deurgestorm het vir sy drie. Daarna het die drieë met reëlmaat gekom, terwyl Tuks verwoed die bal sonder veel sukses rondgegooi het.

Net voor rustyd het Centurion se skrumskakel, Tiaan Meintjies, dié span se vierde drie gaan druk, wat beteken het dat hulle toe reeds ’n bonuspunt verdien het.

Tuks het in die tweede helfte probeer terugveg, maar dit was tevergeefs, behalwe om darem een bonuspunt te genereer.

— Op die Northam Rhinos se veld in die Bosveld het die velle behoorlik gewaai, maar toe die skeidsregter die endfuitjie blaas, het Harlequins uiteindelik die knoop deurgegaak. Die eindtelling was 30-20 in die besoekers se guns.

Nie een van die twee spanne kon ’n bonuspunt verdien deur vier drieë te druk nie, maar Quins het darem drie keer die doellyn gehaal, terwyl die tuisspan ook net drie keer gedruk het.

— Soos wat verwag is, het ABE Midas Naka Bulle korte mette gemaak met Pretoria rugbyklub. Die manne van die Moot het eers kort voor hul honderdtal halt geroep.

Die verdedigende kampioen het 17 drieë in die wedstryd gaan druk.

Ten spyte daarvan dat die uitslae van hul wedstryde weekliks lyk of hulle in ’n slagting betrokke was, is Pretoria ’n moedige span wat eenvoudig nooit ophou rugby speel nie. Dié positiewe houding het hulle gehelp om self die doellyn twee keer te haal teen ABE Midas Naka Bulle.

— In Rustenburg het die sukkelende Impala vriend en vyand verras deur die Grizzlies van Tuine met 14-7 te klop.

Pretoria het waarskynlik die wedstryd vooraf geteiken, maar dis nogtans ’n verrassing dat hulle die Grizzlies so maklik kon uitoorlê.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

About the author

enews