South Africa

Blou Bulle vroue-sewes oefen by Voortrekkermonument

IMG 4386 20827 e1656067244915
Written by enews

Die Blou Bulle se vroue-sewesspan het onlangs die Voortrekkermonument se Amfiteater-trappe aangedurf tydens ’n strawwe oefensessie.

Ter voorbereiding vir die internasionale sewes-rugbytoernooi in Brussels in België, waaraan die span in Julie vanjaar gaan deelneem, het hulle kom uithaal en wys dat hulle van staal gemaak is.

As die enigste Suid-Afrikaanse vrouespan wat internasionaal deelneem, is dit belangrik om te verseker dat die spanlede topfiks is.

Football Highlights

Hoofafrigter van die span, Riaan van der Merwe, vertel hoe hy in sy dae as rugbyspeler ook dié steil trappe moes baasraak.

“Ons het vir jare hierdie trappe gedraf. Dis belangrik dat mens iets anders doen en die terrein verander, want dit raak eentonig om net op die rugbyveld te oefen,” sê Van der Merwe.

Vanuit die span is daar twee spelers wat vir die Springbokspan gekies is en kaptein Kemisetso Baloyi staan ’n kans om tydens die Statebondspele einde Julie op die veld te draf en haar land in Engeland te verteenwoordig.

Baloyi, wat Sportwetenskap aan die Universiteit van Pretoria studeer, vertel dat sy graag in haar beroep wil fokus op die opleiding van jong vroue- rugbyspelers tot en met hoëprestasie-atlete.

Lees ook: Blou Bulle Hoërskool Rugbyvereniging kondig spelers vir jeugweke aan

Haar leiersposisie as kaptein plaas groot verantwoordelikheid op haar skouers. As kaptein is sy ’n rolmodel – nie net op die veld vir haar spanlede nie, maar ook vir elke meisie en vrou – self wanneer sy nie op die veld is nie.

Sy vertel van ’n hegte band tussen al die spanlede.

“Om ’n span te lei, beteken om vir elke spanmaat soos ’n suster te wees,” sê Baloyi.

Hierdie feit het duidelik na vore gekom tydens die span se oefensessie by die Voortrekkermonument. Dit is Baloyi wat haar spanmaats deur die oefening gemotiveer het en seker gemaak het nuwe spanlede raak nie agter nie.

Baloyi het in die verlede al die Voortrekkermonument besoek, maar natuurlik is dit ’n heel ander saak wanneer jy die monument besoek vir fiksheid en nie vir die geskiedenis en kulturele ervaring nie.

Die Blou Bulle se sewesspan het die Amfiteater-trappe by die monument aangedurf.

“Ek sien uit daarna om die terrein ook in die toekoms verder te verken,” sê sy.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

 

About the author

enews